Wanneer feite nie in die pad staan van oeroue oortuigings

OM SOOS 'N KIND TE GLO

Wanneer feite nie in die pad staan van oeroue oortuigings

Onlangse onthullings oor TB Joshua, eens gevierde televisie-evangelis en darling van vele gelowige Afrikaners, het ALI VAN WYK laat wonder waarom sommige mense in die 21ste eeu nog soos kinders glo.

RAPPORT het Sondag berig dat die voormalige Springbok-losskakel Jaco van der Westhuyzen steeds glo dat die Nigeriese “profeet” TB Joshua hom in die jaar 2000 van ’n loopbaanbedreigende kniebesering genees het. 

Van der Westhuyzen is vir kommentaar genader ná verdoemende onthullings in ’n BBC-dokumentêr, Disciples: The Cult of TB Joshua, oor grootskaalse korrupsie met borge, geweld, reeksverkragtings, kindermishandeling, vals wonderwerke, bedrog, en so aan.

Min rasionele mense was verras, maar die skaal van die beweerde euwels uit die doolhof van Joshua se kampong, slaan die asem weg. Hier draai nie slegs ’n rokie nie, dis eerder ’n siedende vuur...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.