Die lewe is manjifiek en betekenisloos

SIN EN TEENSIN

Die lewe is manjifiek en betekenisloos

Ons is almal oorgelewer aan toeval. Ons beste redelike uitweg is om ons daarin te verlustig, meen IKE BOSS.

  • 01 Desember 2023
  • Vrye Denker
  • 9 min om te lees
  • artikel 11 van 29
  • Ike Boss

EK is onverdraagsaam vir metafisiese sentiment. Ek is gewillig en gretig om my idees aan te pas en my oortuigings te hersien, vinnig en herhaaldelik, by die ontdekking van ryp nuwe bewyse. Daar is by my geen absolute en ewigdurende “waarhede” nie. Nes “glo” en “geloof” is “waarheid” 'n woord sonder bestaansreg: Jy wéét, of jy weet nie; jy stoei onophoudelik met oortuigings en pas dit geredelik aan soos wat jy met ontdekking en ontknoping vorder.

A.C. Grayling (in Philosophy 1: A Guide through the Subject) druk die redelik voor die hand liggende bondig uit – die “doel van filosofiese ondersoek (denke; refleksie; die toepassing van verstand) is om insig te verkry in vrae oor kennis, waarheid, rede, werklikheid, betekenis, verstand en waarde.” (My hakies.)

Filosofie 101 is redelik duidelik: “Filosofie is 'n studie van vraagstukke wat beslissend, abstrak en baie algemeen is. Hierdie vraagstukke is gemoeid met die aard van bestaan, kennis, moraliteit, rede en menslike voorneme, of doelgerigtheid." (Uit Philosophy: A Beginner's Guide, deur Jenny Teichman en Katherine Evans.)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.