Die kuns om net mooi bokkerol te doen

DOELBEWUSTE LEDIGHEID

Die kuns om net mooi bokkerol te doen

Niksen, die Nederlandse woord vir niksdoen, het die globale woordeskat betree. Dit word beskou as 'n oplossing vir 'n epidemie van uitputting en 'n turbo-aanjaer van kreatiwiteit.

ELKE tweede Sondag het ek 'n afdag en hoef ek hoegenaamd geen werk te doen nie.

Daar is niks wat gedoen moet word nie; geen voortdurende verwagting om op WhatsApp-groepe van die werk te reageer nie. Geen aanhoudende ge-ping van inkomende e-pos nie. Geen navorsing, skryfwerk of die aanvoering van onderhoude nie.

Dis 'n perfekte dag om niks te doen nie, maar tóg het ek die grootste deel van my lewe gesukkel om my oor te gee aan vreugdevolle luiheid, want ek het grootgeword in 'n kultuur waar dit soos verkwisting voel om niks te doen as jy iets “nuttig of produktief" kan doen nie, soos my ma sou sê. Sy het volgens haar doenlysies geleef. Dis elke aand voor slapenstyd opgetrek en die volgende dag met militêre presisie uitgevoer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.