Die kollig-effek: vrees vir spesiale aandag

HULLE KYK (NIE)

Die kollig-effek: vrees vir spesiale aandag

Oor die algemeen ervaar mense dat hulle meer opgemerk, dopgehou of gëevalueer word as wat in realiteit die geval is, skryf LOUIS AWERBUCK. Die verskynsel word aangevuur deur 'n hoër individuele bewussyn as 'n groepbewussyn.

“EK kan dit nie waag om met hierdie lyf op die strand kom nie”, sê 'n student nou die dag vir my, in angstige afwagting van die Desember-vakansie wat saam met haar maats voorlê. “Mense gaan vir my kyk en my uitlag.”

Sy is nie die enigste mens met soortgelyke vrese nie. “Gewoonlik bly ek maar stil in 'n geselskap,” beken 'n middeljarige rekenmeester ook onlangs. “Netnou dink die mense ek is simpel.”

Hierdie en soortgelyke stellings vier hoogty in elke sielkundige se spreekkamer. Dit sou seker te verwagte wees dat mense wat gereeld selfbewus voel, of chronies deur hulle selfbeeld gekwel word, meer tyd aan professionele hulp vir selfontwikkeling bestee en dat sielkundiges gevolglik meer met mense te doen kry wat kla oor hoe andere hulle waarneem. Maar ondanks hierdie verwagting is dit vir die meeste mense 'n gereelde tendens om te ervaar dat ander mense hulle as individue meer intens opmerk as wat in werklikheid plaasvind en is hierdie eg menslike ervaring nie net beperk tot diegene wat onder 'n  vervolgingswaan gebuk gaan nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.