‘Dis tyd vir my om die ANC te verlaat’

MET DIEPE HARTSEER

‘Dis tyd vir my om die ANC te verlaat’

Die ANC-veteraan MAVUSO MSIMANG se openbare bedanking uit die party het vandeesweek opslae gemaak. Hy was oor die dekades onder meer 'n senior offisier in Umkhonto weSizwe, ná sy terugkeer uit ballingskap hoof van Toerisme Suid-Afrika, hoof van Nasionale Parke en nog later direkteur-generaal van binnelandse sake. Hy is in Julie verkies as adjunkpresident van die ANC se Veteraneliga. Hier is sy volledige bedankingsbrief aan die sekretaris-generaal van die ANC.

  • 08 Desember 2023
  • Nuus & Politiek
  • 7 min om te lees
  • artikel 8 van 30
  • Mavuso Msimang

DIT is met diepe hartseer dat ek jou in kennis stel van my besluit om my lidmaatskap van die African National Congress (ANC) te beëindig. Ek het die organisasie vir meer as ses dekades lojaal en toegewyd gedien.

Die ANC word reeds vir verskeie jare deur deurlopende korrupsie gekwel, met verwoestende gevolge vir die regering van die land en die lewe van arm mense, van wie daar steeds so baie is. 

Die ANC het uiteraard nie korrupsie uitgevind nie. Ons het 'n staat geërf wat moreel bankrot was en wat gebou is op die diepste vorme van korrupsie. Toe ons in 1994 die regering oorgeneem het, het ons die morele hoëgrond gehad en die oortuiging dat ons in staat sou wees om die ou netwerke uit te roei wat tegelyk voordeel getrek het uit die apartheid-ekonomie en dit laat doodwurg het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.