Hoe het dit gebeur dat net die ANC die verkiesing wil wen?

VERKIESING 2024

Hoe het dit gebeur dat net die ANC die verkiesing wil wen?

PIET CROUCAMP dink Suid-Afrika verdien beter as opposisiepartye soos die DA van John Steenhuisen.

DIE nasionale identiteit van verskeie van Suid-Afrika se politieke partye word deur die persoonlikheidseienskappe van die leier bepaal. Cyril Ramaphosa se besluitelose naïwiteit definieer die ANC. Hy het tans geen logiese opvolger in die wandelgange van Luthulihuis nie, ten spyte van Paul Mashatile se persoonlike ambisies. Indien Ramaphosa môre van sy party wegstap, het die ANC geen kans om 40% by die stembus te haal nie.

Julius Malema is in bepaalde opsigte 'n volledige manifestasie van die EFF. Die rooi barette het waarskynlik 'n groter voetspoor in ons politiek as Julius op sy eie, maar sonder hom is die EFF 'n 3%-party. Daar is 'n geloofwaardigheid in sy woede en vernietigingsdrang wat vrees inboesem en wat geen ander lid van sy party kan naboots nie.

Kenneth Meshoe van die ACDP aanbid sy eie woorde. Sy Bybel is bloot vir nabetragting. Mangosuthu Buthelezi het geboorte gegee aan 'n gemilitariseerde Inkatha Vryheidsparty (IVP) en moes toekyk hoe Jacob Zuma die staatskas gebruik om sy etniese gebroedsel suurstofnood te gee. Velenkosini Hlabisa sal nooit Buthelezi se impak kan repliseer nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.