Die landmyne op die pad na ’n koalisieregering ná 29 Mei

VERKIESING '24

Die landmyne op die pad na ’n koalisieregering ná 29 Mei

Wees versigtig waarvoor jy vra, skryf MAX DU PREEZ oor die breë begeerte dat die ANC minder as 50% steun in die verkiesing moet kry. Daar sal vóór 29 Mei beraadslaag moet word oor die aard van 'n moontlike koalisie- of minderheidsregering, en as die ANC wel net-net wen, is 'n nasionale beraad dalk nodig om te verseker dat die ANC nie op sy huidige vernietigende trajek voortgaan nie.

DIE Arabiese Lente van 2010 – 2012, 'n populêre veldtog vir regime verandering, het tot groot onstabiliteit en geweld gelei. Dit het in Tunisië begin en gou na Libië, Egipte, Jemen en Sirië uitgebrei en 'n impak op Irak, Marokko en Soedan gehad. In die meeste van dié lande is stabiliteit steeds nie herstel nie.

Die 112-jaar-oue ANC, die oudste bevrydingsbeweging in Afrika, regeer die land nou al 30 jaar lank. Die skok wat 'n ANC-nederlaag moontlik vir die Suid-Afrikaanse politieke stelsel en stabiliteit kan inhou, moenie onderskat word nie.

Die vergelyking met die Arabiese Lente het sy beperkings. Suid-Afrika is reeds drie dekades lank 'n demokrasie met 'n rotsvaste grondwet en 'n funksionerende, gerespekteerde regbank...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.