Onteien nuwe wet skrywers sonder vergoeding?

KOPIEREG

Onteien nuwe wet skrywers sonder vergoeding?

ZIRK VAN DEN BERG dink die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg is ’n verregaande en verdoolde vergryp deur die staat.

DAAR is glo skrywers wat reken dat die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg wat pas voor die parlement gedien het, beteken hulle lê nou liewer die pen neer, omdat die kopieregbeperkings hulle inkomste dermate knou dat dit nie meer vir hulle die moeite werd is om te skryf nie.

Ek het simpatie en dink die wetsontwerp is ’n verregaande en verdoolde vergryp deur die staat, maar is nie self in daardie bootjie nie. Die tantieme wat ek ontvang beteken vir my baie en prysgeld nog meer, maar ek het nog nooit verwag om beduidende inkomste uit boekverkope te verdien nie. My gemiddelde jaarlikse tantieme kan my nie eens een maand aan die lewe hou nie. Die nuwe wet se effek op my sal dus eerder indirek wees, wanneer die boekbedryf so swaarkry dat boeke soos myne nie meer gepubliseer word nie. Om nie uitgegee te word nie, sal ’n swaar slag wees.

Aan die ander kant: Teen 2012 het ek ná talle afkeurbriewe gedink niemand sal ooit my boeke uitgee nie. Die vooruitsig was toe om hulle maar self op Amazon te sit vir die handjievol wat dalk verkoop en om in die stilligheid aan te hou skryf. Hoe lank ek so ’n Quixotiese onderneming sou kon volhou, weet ek nie. Van 1991 tot 2012 het ek ’n voorsmakie gehad – 21 jaar waarin ek net een enkele manuskrip verkoop gekry het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.