Ouma trap vas

KURK-WIGHAKKE UIT KIMBERLEY

Ouma trap vas

ELMI S. BADENHORST skryf oor die dag toe Ouma van 'n vasgekeerde tier in 'n vasgegomde soutpilaar verander het.

MET die intrap van die eerste winterreën in Worcester daardie jaar word ek siek met waterpokkies. Ouma kuier by ons. Sy is ’n formidabele vrou wat die Boere-oorlog oorleef het. Vir drie jaar het die vroue in grotte vir die Kakies weggekruip. Maar dis ’n storie vir ’n ander dag. Nou is sy oud, effe kens en knorrig en ek is, soos in die liedjie, skaars dertien. Dis kort ná my pa se dood. Dinge is maar deurmekaar. Ma gee musiek by die skool om die pot aan die kook te hou.

Die waterpokkies woed onverpoos voort oor my tienerlyf. Ek het vir my ’n balaklawa uit ou swart skoolkouse geprakseer. Gaatjies gesny vir my oë en mond, sodat niemand die korse en blase op my gesig kon sien nie. Die sewentigerjare seëvier en Ma het besluit om die mat in die eetkamer te vervang met daardie sagte, sponserige teëls wat toe hoogmode was. Alle ontwerpe was afskuwelik.

“As die werkers vandag die teëls kom lê, moet jy ’n ogie oor Ouma hou. Sy moet in haar kamer bly,” sê Ma bekommerd voor sy werk toe ry. Ek lê in my olyfgroen kamer met die oranje gordyne en 'n poster van Purdy teen my muur en luister hoe die werkers hulle gereedskap die huis indra. Ouma stap soos ’n vasgekeerde tier op en af in die gang. Op en af...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.