Fred de Vries is ’n Nederlandse skrywer en joernalis wat in 2003 na Suid-Afrika geïmmigreer het. Hy het voorheen in ’n punkgroep gespeel en het nege niefiksieboeke geskryf, waaronder Club Risiko, wat fokus op underground-musiek in die 1980’s in ses stede, insluitend New York en Johannesburg.
MUSIEK
Verdwaasde Dylan nie van dié wêreld nie
Niemand kan beswaar hê teen ’n klomp baie ryk popsterre wat byeenkom om ’n sentimentele song te sing wat miljoene dollars sal inbring om verhongerde mense iewers ver weg te red nie, skryf FRED DE VRIES.
Deel
DIT was ’n baie maklike besluit: Ek sou beslis nie na The Greatest Night In Pop kyk nie, daardie dokumentêr oor hoe die gesertifiseerd aaklige “We Are The World”-song, wat nou op Netflix wys, gemaak is.
Dit was totdat 'n vriendin my tydens aandete vertel het dat dit regtig vermaaklik is. Ek het steeds getwyfel, want haar musieksmaak oorvleuel selde met myne. Maar toe sy my ook vertel van Bob Dylan se vreemde optrede in die dokumentêr, het ek besluit om te kyk.
Verlede Saterdagaand het ek dus heerlik na die vertoning gekyk wat die crème de la crème van Amerikaanse 1980's-pop ingesluit het – Michael Jackson, Lionel Richie, Diana Ross, Bruce Springsteen, Stevie Wonder, Tina Turner, Bob Dylan en – soort van – Waylon Jennings. Ontbrekende name was natuurlik Prince en Madonna. Prince wou blykbaar net aansluit as hy toegelaat sou word om 'n kitaarsolo te speel (die versoek is afgewys), en in plaas van Madonna het ons Cyndi Lauper gekry wat soos 'n kaketoe gelyk en soos 'n maer vark geskreeu het...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
One Love tussen die hakuna matatas
Lui die doodsklok vir musiekjoernalistiek?
‘Nou wil ek gom snuif’
R.E.M. se superhelde
Deel
-
Deel
Fred de Vries
JoernalisFred de Vries is ’n Nederlandse skrywer en joernalis wat in 2003 na Suid-Afrika geïmmigreer het. Hy het voorheen in ’n punkgroep gespeel en het nege niefiksieboeke geskryf, waaronder Club Risiko, wat fokus op underground-musiek in die 1980’s in ses stede, insluitend New York en Johannesburg.