Het die doodsklok vir musiekjoernalistiek gelui?

ROCK ON!

Het die doodsklok vir musiekjoernalistiek gelui?

Een van die belangrikste musiekpublikasies is minder as ’n dekade nadat dit deur Condé Nast gekoop is onder die redaksionele sambreel van GQ ingeskuif, wat daarop dui dat musiek nou bloot deel van ’n verbruikersleefstyl is, skryf FRED DE VRIES.

DIE storie klink bekend: ’n Oneerbiedige aanlyn tydskrif wat uit niks begin het nie, floreer en groei. Dan dwing groot veranderings in die mediawêreld die eienaars om dit aan ’n groot maatskappy te verkoop, wat beloof om joernalistiek van 'n hoë gehalte voort te sit. Maar ná ’n paar jaar verander dinge. Die getal personeellede word aansienlik verminder en die tydskrif verloor sy redaksionele onafhanklikheid. Lesers betreur sy afsterwe én die dood van ’n sekere vorm van joernalistiek.

Die naam van die tydskrif is Pitchfork, ’n Amerikaanse musiekpublikasie wat as ’n digitale fanzine begin het en oor langer as 25 jaar tot een van die wêreld se belangrikste musiekpublikasies gegroei het, met meer as 8 miljoen unieke maandelikse besoekers, 3 miljoen Twitter-volgers en 1,5 miljoen Instagram-aanhangers.

Die tydskrif, wat vroeg in 1996 as ’n eenmanspoging begin het, is in 2015 deur Condé Nast gekoop en verlede maand het die globale inhoudshoof bekend gemaak dat dit nִá groot afskaling onder die redaksionele sambreel van GQ, ’n manstydskrif, sal inskuif. Dit dui daarop dat musiek nou bloot deel is van ’n verbruikersleefstyl, en nie meer ’n duidelike kunsvorm is nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.