Fred se mondigwording

START ME UP

Fred se mondigwording

Pas nadat hy sy eerste band in lewende lywe gehoor het, het FRED DE VRIES die Rolling Stones gesien en ’n Faustiese pakt met die Duiwel onderteken.

AF en toe, wanneer ek met my hond gaan stap, luister ek na ’n podsending genaamd Turned Out A Punk. Die aanbieder, Damian Abraham, ook die sanger in die Kanadese punkband Fucked Up, voer onderhoude met mense wat punkrockers is of was, of wie se lewe deur punk verander is.

Ek val waarskynlik in laasgenoemde kategorie – ek het ná 1985 ophou luister na punkrock toe dit in konformiteit, herhaling en geweld vasgeval het. Maar die antikorporatiewe, doen-dit-self-punkhouding het nooit verflou nie.

Ek geniet daarom Abraham se onderhoude, wat bleeksiel-, fanboy-elemente bevat. Dis nie regtig diepgaande nie, maar is altyd vermaaklik, veral wanneer Abraham gesels met gaste soos Jello Biafra, die uitgesproke stigter van die San Francisco-punkband Dead Kennedys...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.