Fred de Vries is ’n Nederlandse skrywer en joernalis wat in 2003 na Suid-Afrika geïmmigreer het. Hy het voorheen in ’n punkgroep gespeel en het nege niefiksieboeke geskryf, waaronder Club Risiko, wat fokus op underground-musiek in die 1980’s in ses stede, insluitend New York en Johannesburg.
ONS DAG SAL KOM
Die laaste ronde saam met Shane MacGowan
Shane MacGowan en punk was vir mekaar bedoel. Van kuns en musiek tot geweld en dwelmmisbruik, onthou FRED DE VRIES die man wat altyd bo-aan die lys was van rocksterre wat aan die dood se deur klop.
Deel
EK het Shane MacGowan en The Pogues net een keer gesien. Dit was toe ek en 'n kollega van my koerant in Desember 2001 in Londen was om aan 'n storie oor die ondergang van Britpop te werk. Ons sou op Londen as die middelpunt van swart en Ierse musiek fokus. So Blur se moer, ons het kaartjies gekry vir The Pogues by die Brixton Academy. Dit was hulle Kersvertoning en hulle eerste reünie-optrede nadat MacGowan in 1991 uit die groep geskop is. 'n Voorwaar onvergeetlike konsert. Almal, insluitend die band-lede, was smoordronk, alles in ooreenstemming met 'n hartstogtelike Shane-aanhaling: “No way I was gonna be stone cold sober before a crowd of drunks."
Hulle het begin met 'n rumoerige weergawe van Streams of Whiskey vanaf hul 1984-debuutalbum Red Roses for Me. Dit was die eerste liedjie wat Shane vir The Pogues geskryf het, geïnspireer deur die Ierse digter Brendan Behan. Almal het die koor gesing: “I am going, I am going, any which way the wind may be blowing. I am going, I am going, where streams of whiskey are flowing." Van daar af was dit net chaos. Nie net strome whiskey nie, maar riviere van bier, mere van sider en plasse kots. Ons het gedans, ons het gegly, ons het gejuig en ons het gedrink. Die ou agter ons was so dronk dat hy nie agtergekom het sy meisie het inmekaargesak nadat sy deur 'n plastiekbeker oor die kop geslaan is nie. Maar waddehel, dit was wonderlik om Shane op die verhoog te sien, uitgelate, steeds staande, in 'n pak, glas bier in die een hand, sigaret in die ander, nog lewend ná soveel jare van bo-aan die lys wees van rocksterre wat volgende aan die dood se deur klop. Hy het so morsig en slordig soos altyd geklink.
En nou is hy weg, nadat hy op 30 November in die ouderdom van 65 aan longontsteking gesterf het...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Is spartelende Taylor Swift die nuwe Jesus?
Country-sanger wat deur links en regs kloof
Die wonderlike wêreld van Olivia Rodrigo
Rockmusiek se belangrikste dag
Hemel of hel? Paradoks van die platteland
Deel
-
Deel
Fred de Vries
JoernalisFred de Vries is ’n Nederlandse skrywer en joernalis wat in 2003 na Suid-Afrika geïmmigreer het. Hy het voorheen in ’n punkgroep gespeel en het nege niefiksieboeke geskryf, waaronder Club Risiko, wat fokus op underground-musiek in die 1980’s in ses stede, insluitend New York en Johannesburg.