Sis Ousie, is ons susters?

IPELEGENG: OM JOU EIE (HISTORIESE) GEWIG TE DRA

Sis Ousie, is ons susters?

VIV VERMAAK oornag by 'n voormalige werknemer waar die voorval oor die vuil badring uiteindelik aangespreek word.

DIT is moeilik om oor onewe verhoudings te skryf. As die een persoon ryker is en die ander een armer, byvoorbeeld. Of die een is gesond en die ander siek. 'n Werkgewer en werknemer. Sit ras by en jy moet versigtig trap. Woorde lê soos duwweltjies op jou pad. Die verwagtings van 'n reënboognasie raak benouend en jy staar vir ure na die sleutelbord, in hierdie geval, 'n jaar...

“Wat is ons, Lydia? Wat is ons van mekaar?” vra ek terwyl ons tee drink in haar kombuis in Ipelegeng, die woonbuurt buite Schweizer-Reineke. Sy bly permanent daar sedert haar aftrede. Voor dit het sy huise skoongemaak in Johannesburg. Dekades van swoeg het vir haar dit moontlik gemaak om 'n eenvoudige huisie te bou van baksteen en beton. Die plek is sprankelend skoon en netjies. Daar is water aangelê, maar die kraan staan buite en sy het 'n emmerstelsel waarmee sy water aandra vir drink, was en bad. Elke emmer het sy plek. Daar is porseleinbeeldjies en 'n versierde waterbottel van 'n begrafnis in 'n glaskas wat in die sitkamer staan waar die sepies die hele dag op die TV speel. Buite staan 'n perskeboom wat self ontkiem het van 'n ongesaaide pit.

“Ousie, is ons vriende?" vra ek haar. “Hoe sal jy ons verhouding beskryf?”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.