’n Kruispad met elektrisiteit: Die townships kom suburbs toe

KANARIE IN DIE GOUDMYN

’n Kruispad met elektrisiteit: Die townships kom suburbs toe

Haar straat is 'n perfekte mikrokosmos van die land, skryf VIV VERMAAK. Maar dit sou baie meer opwindend gewees het om dit eerstehands te dokumenteer as sy nie self daar gebly het nie.

OP die oog af lyk dit soos 'n gewone middelklasbuurt van die 1980’s: Eenvoudige gesinshuise met groot agtertuine vol vrugtebome staan in rye langs mekaar. As jy 10 jaar gelede hier was, sou jy miskien minder bome en heelwat meer satellietskottels gesien het. Die strate is ’n bietjie vuiler en waar daar voorheen grasperke in die voortuine was, is dit nou meer algemeen plaveisel vir parkering. Die Griek se kafee op die hoek het 'n spazawinkel geword en die kinders speel deesdae sokker in die strate, nie krieket nie. Maar in daglig is dit 'n gewone woonbuurt soos mens nou oral in die nuwe Suid-Afrika kry.

Saans is dit 'n ander storie. Dit is pikdonker. Daar is nie straatligte nie en behalwe vir een huis waar daar soms ligte brand, het niemand ander lig nie. Die persoon in die huis met die ligte hou egter al die ligte af, want sy wil nie te sigbaar wees nie. Die stemming in die straat is te hoog belaai om nou enige aandag te trek.

Ons is al weer 'n paar dae sonder krag. Sy luister versigtig deur die venster en hoor stemme naderskuifel aan die substasie op die hoek. Die mense klink onrustig en kwaad. Die sonkrag-sekuriteitslig aan die voorkant van haar huis gooi skaduwees van heelwat mense. Dit is hierdie keer 'n groot imbizo. Al die huiseienaars vergader om 'n belangrike besluit te neem. Ons het 'n kruispad bereik: Gaan ons vir die stadsraad wag om die elektrisiteit te herstel of gaan ons dit self doen?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.