In die beeswêreld word prof. Jan Cornelius Bonsma as een van die groot wetenskaplikes vereer. ANNELIESE BURGESS vertel ons meer van die vader van Suid-Afrika se Bonsmara-ras, wat steeds 'n invloed op boere wêreldwyd het.
MY pa het onder prof. Jan Bonsma gestudeer. Ek onthou hoe hy met groot eerbied gepraat het oor die veekundige wat die Bonsmara-beesras geskep het wat uniek vir Suid-Afrikaanse toestande aangepas is. My pa het danksy Bonsma 'n Bonsmara-boer geword.
Bonsma was die hoof van die departement veeteelt aan die Universiteit van Pretoria en het gedurende sy loopbaan meer as 180 artikels gepubliseer. Hy het sy meestersgraad in dierewetenskap in 1936 verwerf en saam met die wêreldbekende dieregenetikus Jay Lush nagraadse werk by die Iowa State University gedoen.
Hy het in 1937 na Suid-Afrika teruggekeer en met die mees omvattende klimatologiese en ekologiese eksperimentering op beeste ter wêreld begin. Sy werk is by die Mara-navorsingstasie naby Musina in die droë, tropiese Limpopo-kom gedoen en hy was 23 jaar lank die hoof daarvan...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
WIE IS PROF. JAN BONSMA?
Portret | SA se bekendste dieregenetikus
In die beeswêreld word prof. Jan Cornelius Bonsma as een van die groot wetenskaplikes vereer. ANNELIESE BURGESS vertel ons meer van die vader van Suid-Afrika se Bonsmara-ras, wat steeds 'n invloed op boere wêreldwyd het.
Deel
MY pa het onder prof. Jan Bonsma gestudeer. Ek onthou hoe hy met groot eerbied gepraat het oor die veekundige wat die Bonsmara-beesras geskep het wat uniek vir Suid-Afrikaanse toestande aangepas is. My pa het danksy Bonsma 'n Bonsmara-boer geword.
Bonsma was die hoof van die departement veeteelt aan die Universiteit van Pretoria en het gedurende sy loopbaan meer as 180 artikels gepubliseer. Hy het sy meestersgraad in dierewetenskap in 1936 verwerf en saam met die wêreldbekende dieregenetikus Jay Lush nagraadse werk by die Iowa State University gedoen.
Hy het in 1937 na Suid-Afrika teruggekeer en met die mees omvattende klimatologiese en ekologiese eksperimentering op beeste ter wêreld begin. Sy werk is by die Mara-navorsingstasie naby Musina in die droë, tropiese Limpopo-kom gedoen en hy was 23 jaar lank die hoof daarvan...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Anneliese Burgess
JoernalisAnneliese Burgess is 'n voormalige mederedakteur van Vrye Weekblad. Sy is aangewys as algehele wenner van die 2023 ATKV-Mediaveertjie vir ondersoekende joernalistiek.