The Police: As fiksie die feite in boeie slaan

RUIMTE TUSSEN DIE NOTE

The Police: As fiksie die feite in boeie slaan

Drie post-punks met koppe wat in peroxide gedoop was, is waarskynlik die klassieke geval van ’n band wat nie heeltemal was wat mens gedink het hulle was nie, skryf KERNEELS BREYTENBACH.

ALLES is oëverblindery. Dít kom mens gou agter as jy begin grawe na feite oor beroemde popmusici. Sodra ’n persepsie by die publiek gevestig is, is dit feitlik onmoontlik om die publiek tot ander insigte te bring. The Police is waarskynlik die klassieke geval van ’n band wat nie heeltemal was wat mens gedink hulle was nie.

Drie post-punks met koppe wat in peroxide gedoop was. Reggae-fanatici wat die New Wave van 1977 wou omdop. Verder van die waarheid kon dit nie gewees het nie.

Om mee te begin was al drie lede – Sting, Stewart Copeland en Andy Summers – eersteklas jazz-musici wat om den brode rock-musici geword het. Toe die groep gevorm is, was Copeland 25, Sting was 26 en Summers 35. In die musiekterme van destyds was hulle bejaard, as julle my die woord sal verskoon...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.