Knipoog daai Art Deco-lamp vir my?

AAN-AF-AFFAIRS

Knipoog daai Art Deco-lamp vir my?

LIN SAMPSON het ’n lewendige, hoewel ietwat veglustige verhouding met sekere objekte in haar huis.

DIE ouderdom is deels te blameer vir hierdie begerige, lafhartige aandagsoekery. (Dit het in 1735 begin.) Die hoofrede hiervoor is egter jaloesie: Ek het onlangs ’n Fabergé-eier bekom, versier met juwele – dit het ’n riffelrand van geelgoud en word omring deur gekleurde sierkranse wat onder diamantstrikke aan blou saffiere hang. ’n Windmakerige vertoonstuk. Op ’n persoonlike vlak het ek baie probleme gehad met ’n rebelse Hylton Nel-porseleinpapegaai wat al maande lank koketterig idees bedink om tussen my en die Fabergé-eier te kom. Vanoggend het hy van die rak afgeval en sy bek gebreek.

Ek moet bieg: Ek was tot dusver in ’n losse maar amoreuse verhouding met ’n 18de-eeuse familieroosbak met blou onderglasuur. Dis die soort bak wat jy met Nietzsche sou kon bespreek het; iets met werklike diepte. Om eerlik te wees – dit is ’n aan-af-affair. Ek vermoed hierdie bak geniet dit om my in die stilligheid te irriteer. Eenkeer het hy selfs omgeval in ’n poging om simpatie te wek. Toe, vanoggend, val hy eenvoudig uitmekaar en nou loop daar ’n donker kraaklitteken oor sy oppervlak.

Wat my by my eintlike punt bring: Ek weet nie of jy dit ook al opgemerk het nie, maar lewelose dinge raak deesdae al hoe astranter. Ek dink om objets d’art genoem te word, het na hulle kop gegaan. Ek meen, al daardie Frans ... Hulle is nie meer tevrede om op rakke rond te sit en mooi te lyk nie, of om ’n koue keramieksoen na jou kant toe te waai of selfs in eensame prag in die rondte te draai nie ؘ– hulle het menslik begin optree...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.