Van poepknyp en suurkrop tot vreedsame nuwejaarsderms

RUBRIEK

Van poepknyp en suurkrop tot vreedsame nuwejaarsderms

Daar is min dinge soos die Simpel Seisoen om mens se lewe en derms om te krap. Die stres van gaste en die euwels van ryk kosse kelder jou goeie gewoontes in twee kort weke. MADELEINE BARNARD beproef tans 'n vas met groen sappe om haar geteisterde spysverteringskanaal 'n ruskans te gee.

TEEN middel Desember begin die chaos al. Vriende van familie sak luidkeels op ons toe vir twee dae, met die grootse aankondiging dat hulle nou vegetariërs is.

Ek steier. Die etes moet van voor af beplan word. Ek sluk ’n ekstra glasie wyn in die kombuis en eet 'n plak sjokolade sideways soos ’n toebroodjie van stres op.

By aandete sit ek benoud en wonder wat ek met al die knope in my ingewande gaan doen en dink onwillekeurig terug aan ’n aand, 20 jaar gelede, toe ons in lieflike Parys was, in ’n woonstel wat uitgekyk het oor die Seine. Dis daar waar ek ’n streng taboe in sy moer gestuur het om, soos ’n pel van my sê, “deur die poepgrens te breek”. Dis nou as jy die eerste keer ’n wind voor jou  niksvermoedende geliefde laat...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.