My bure het nie poeding nie, maar ’n mooi hond

RUBRIEK

My bure het nie poeding nie, maar ’n mooi hond

Met drie maal se kraai oor 'n begeerlike hond het sy die wiebelgangers van haar buurt verraai, skryf RACHELLE GREEFF.

TOE dele van ons landskap nog met staatspresidente, ’n driekamer-parlement en kammakreefkelkies verfraai is, het die besluit oor Kersfeespoeding nie kopwerk vereis nie. So seker soos Betlehem se ster, so seker was dit trifle.

En al is my motorbestuuroë voor my, onderweg na ’n afspraak wat die teenoorgestelde van feestelik gaan wees, ruik ek die veerligte viereier-warmmelk-sponskoek in haar wolkie vanielje (uit die Moir’s-botteltjie waarin jy, wanneer dit ná maande leeg is, een madeliefie langs jou bed sit).

Hierna, steeds op pad na die afspraak slegs vir volwassenes, ruik dit meteens donkerder, maar ook soeter. Dis soos die louwarm koek die Robertson-soetes inadem. Gekapte okkerneute, ingelegde Kamdeboo-groenvye en rooi glanskersies uit ’n taai plastieksakkie in ’n boksie. Eers toe kersies aan bome groei en nie meer van boksies kom nie, word een van die ander trifle-bestanddele, angelika, ontmasker. Dis toe nooit die groen ooghare van engele nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.