Die dryfveer agter Hedwig Barry se kuns

ONDERHOUD

Die dryfveer agter Hedwig Barry se kuns

Hedwig Barry se sukses het nie oornag gekom nie. Maar wanneer ander kunstenaars sou opgee, is dit wanneer sy weer begin karring, of verder verf, skryf JOHAN MYBURG.

KORT ná Here Is Where We Meet, Hedwig Barry se eerste solo-uitstalling verlede jaar in die beeldetuin van die Nirox-stigting in die Wieg van die Mensdom noord van Johannesburg, het die huis wat sy en haar dogter in Johannesburg gehuur het afgebrand. Hoewel hulle ongedeerd uit die brand gekom het, het hulle alles verloor.

Sedert Julie verlede jaar is Barry óf in transit óf is haar verblyf waar ook al tydelik. En nou is sy (tydelik) terug in Johannesburg ná brokke verblyf in Kaapstad, 'n kunstenaarsverblyf van die Tswalu-stigting in die Kalahari, en verblyf op Onrus aan die Kaapse kus.

Dit is op Onrus waar sy heelwat van die doeke geverf het vir haar jongste uitstalling in die Johannesburgse galery Guns & Rain in Parkhurst. Die uitstalling heet Unrest, wat 'n angel gee aan prentjies in die kop van 'n rustige vakansieplekkie by die see...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.