Oos, wes, Tuis bes

ONDERHOUD

Oos, wes, Tuis bes

LAUREEN ROSSOUW praat met Wicus Pretorius, die hotshot-redakteur van Tuis | Home.

ONTMOET vir Wicus Pretorius. Hy is in 2014 as redakteur van Tuis | Home aangestel, moontlik die moeilikste era in die tydskrifbedryf. Terwyl gevestigde tydskrifname die een ná die ander van die rakke af verdwyn, woeker hy en sy span en vandag is Tuis en Home naas Huisgenoot die grootste verbruikerstydskrif in die land, met Sarie en Kuier op hulle hakke.

Hoe sou jy jou eie styl beskryf?

Beslis eklekties. Dit verras my altyd hoe bont my huis is. Dit was nooit beplan nie en ek hou nie eintlik van bont nie, maar as ek my weer kom kry, dan het ek ’n rooi laaikas of ’n geel aptekerskas gekoop wat staanplek soek. Laaitjies en potjies is my swak punt – ek kan nie by ’n kas met laaitjies verbystap nie en as ek reis, is daar altyd “bakkies en kakkies” wat in my tas saamkom huis toe. Die helfte gebruik ek nooit nie, maar eendag is eendag!..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.