Willie Bester se revolusie in die voorhuis

NIE DEKOR NIE

Willie Bester se revolusie in die voorhuis

Tussen Kuilsrivier se Vibracrete-mure, grassnyers en waghonde, staan die kunstenaar Willie Bester se huis uit soos ’n stuk absurde teater en sosiale kommentaar wat nie net op apartheid van toepassing is nie, skryf HENK SERFONTEIN.

WILLIE BESTER het sowat ses jaar voor die einde van apartheid in 1988 op die Suid-Afrikaanse kunstoneel verskyn met 'n eenmansuitstalling by die destydse Goodman-galery in Johannesburg.

Hoe hy bykans meteories opgeskiet het na bekendheid daarna, is goed gedokumenteer. Hoogtepunte uit sy loopbaan sluit vyf internasionale eenmansuitstallings in Dakar, Senegal, Trento, Rome en Turyn in. Sy werke is ook opgeneem in onder meer die versamelings van die IZIKO- nasionale galery en die Smithsonian Institute in Washington DC, en is ook al uitgestal in die Pompidou-museum in Parys. In April vanjaar het hy 'n eredoktersgraad ontvang van die Universiteit van KwaZulu-Natal.

Ek het in 1992 sy derde alleenuitstalling by die Goodman in Johannesburg bygewoon. Wat ek onthou van die uitstalling was dat die galery in teenstelling met die kontemporêre obsessie met die galery as 'n wit neutrale ruimte, houtskoolswart geverf was. Teen die mure het van Willie se nou ikoniese werke gehang waarin hy die Suid-Afrikaanse landskap 'n sosiaal-politieke lading gegee het soos min kunstenaars voor hom...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.