La dolce vita by Seepunt se La Perla

SOET IS DIE LEWE

La dolce vita by Seepunt se La Perla

Reeds dekades lank is hierdie restaurant oorkant Seepunt se promenade ’n gesogte bestemming vir plaaslike en buitelandse besoekers – sommige van hulle wêreldberoemd. Maar JOHAN LIEBENBERG het die storie 64 jaar terug in Waterkantstraat gaan haal.

  • 14 Junie 2019
  • Vrye Tyd
  • 9 min om te lees
  • artikel 18 van 25
  • Johan Liebenberg

EK wonder wie nog La Perla in Waterkantstraat onthou. Dis moeilik om die glo dat die restaurant-koffiekroeg eens op ’n tyd die woelige straat gedomineer het, voordat dit plek gemaak het vir ’n grys, kleurlose kolos van 'n kantoorgebou. Langs waar Petrusa Rood se modelagentskap ook was, met die pragtige modelle in en uit met hul leerportefeuljes, vasgeklem onder hul arms en hoop in hul harte dat die kliek van ’n fotograaf se kamera hul lewens sou verander.

In die middel-sestigs, toe ek maar ’n half-sku 16-jarige was, het twee name vir my onafskeidbaar geword: La Dolce Vita en La Perla. La Dolce Vita, deur die Italiaanse filmlegende Federico Fellini, is in 1960 vrygestel,  ’n briljante voorstelling van die dekadente leefwyse van die rykes in Italië. In Kaapstad het die film hom by La Perla afgespeel.

Destyds was daar nie sprake van haute cuisine nie; haute cuisine het vir die meeste Kapenaars beteken ’n mixed grill by 'n steak house. Maar ’n jong Italiaanse immigrant wat as kelner op die Bloutrein begin het (altans so het ek ’n voeltjie hoor fluit), sou een van die eerste restaurateurs word om die koskultuur aan die Kaap te verfyn...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.