Baie water in die see by Javett-UP

ARGITEKTUUR

Baie water in die see by Javett-UP

Terwyl die laaste afronding aan die bouwerk van die Javett-kunstesentrum aan die Universiteit van Pretoria afgehandel word, is die argitektuur van dié kunstesentrum nog die fokus. Sodra Javett-UP sy deure in September vir die publiek open, skuif die fokus na die kunsversameling. JOHAN MYBURG het die geleentheid gehad om saam met die argitek deur dié nog leë gebou te stap.

“DIE twee aspekte wat ’n mens moet vleg in die ontwerp van ’n gebou, soveel te meer wanneer dit kom by die ontwerp van ’n openbare gebou, is altyd dié van vorm en funksie,” sê Pieter Mathews van Mathews & Associates Architects, die Pretoriase firma wat opdrag gekry het om dié kompleks te ontwerp.  

Van die logistieke en praktiese oorwegings bly ’n mens deurgaans bewus, sê hy. Dit kom via die behoeftes van die kliënte, maar ook aan die hand van navorsing by soortgelyke akademiese kunstesentrums hier en in die buiteland. Al dié insette vergaar jy en inkorporeer dit mettertyd in ’n vorm en idioom wat eie is aan die grond waaruit die gebou tot stand kom.

Ten opsigte van funksie moes die gebou aan verskeie vereistes voldoen: Dit moes vertoonruimte bied vir die Javett-stigting se kunsversameling, ’n versameling van 20ste-eeuse Suid-Afrikaanse kuns; vir die Mapungubwe-versameling, wat die ikoniese goue renoster insluit en waarvan UP die bewaarder is; vir galerye waarin tydelike uitstallings aangebied kan word; vir ’n ouditorium; ’n restaurant; kantoorruimte en ’n brug oor Lynwoodweg wat die Hatfield-kampus en die Suid-kampus verbind. As ’n instelling op ’n universiteitskampus moes die gebou voorsiening maak vir ’n belangrike akademiese rol, maar boonop moes die gebou op sigself ook kon posisioneer as openbare instelling...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.