Kom ons koop mekaar se goed

KOOPKRAG

Kom ons koop mekaar se goed

Bankbalanse het dalk gekwyn, maar goeie smaak het nie. MICHÈLE MEYER slaan 'n slag in 'n WhatsApp-groep, en wenskoop meubels by 'n tweedehandse-dekorwinkel wat allesbehalwe 'n pandjieswinkel is – want ná die pandemie koop (en verkoop) ons anders.

WIE gaan nog dorp toe soos pre-pandemie? Ek vra ’n handvol vriende uit oor aankope, kontantknyp, maskermanie en so.

Altesame 21 reageer, sewe mans en 14 vroue tussen die ouderdom van 24 en 73 jaar. Dertien is lede van informele of geregistreerde aanlyn handel-platforms, 11 doen daar aankope en agt verkoop daar. Agtien sê hulle sal beslis tweedehandse klere/meubels/ toestelle/dekor/kuns van goeie gehalte koop. Dertien dui aan dat hulle dieselfde sal verkoop om hul inkomste aan te vul.

’n Aanlyn tutor vertel sy’s in 2019 ingeloop deur ’n slungel op Gumtree en waag dit nie weer daar nie, maar koop meubels net by tweedehandswinkels. Agt kies om steeds fisiek sekere aankope te doen: wasmasjien (’n man), kos en blomme (’n vroulike sjef), klere (’n vrou) en sjokoladekoek (’n man). Dertien verseg om ’n voet in die winkels te sit en koop net aanlyn, een wynmaker verpes besige sentrums, maar beskou die huidige weeklikse besoek aan haar klein Spar as ’n uitstappie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.