Operalia: Bravo en encore vir ons eie Nombulelo Yende

O STAAN VIR OPERA

Operalia: Bravo en encore vir ons eie Nombulelo Yende

In opera se eie Wêreldbeker, Operalia, het die Suid-Afrikaanse sopraan Nombulelo Yende en mezzosopraan Siphokazi Molteno by Kunstekaap in Kaapstad gewys dis nie net in sport wat ons land uitblink nie. Groen-en-goud het plek gemaak vir fuchsia-pienk. In dié internasionale operakompetisie, wat in 1993 deur Plácido Domingo begin is en vanjaar die eerste keer in Afrika aangebied is, was dit duidelik dat van die beste stemme in die nuwe geslag operasangers van die suidpunt van Afrika kom, skryf RACHELLE GREEFF.

WANNEER Operalia jou kies, gaan die deure van die wêreld se grootste operahuise vir jou oop.

So is dit al 30 jaar lank. Die paneel beoordelaars bestaan uit van die vernaamste artistieke besluitnemers en bestuurders van die musiekwêreld. Hulle luister fyn. Hulle hoor die potensiaal van ’n ontluikende stem.

Verlede week het 34 hoopvolle jong sangers oor vier dae aan die ysere uitdunrondes van die grootste operakompetisie ter wêreld deelgeneem. Hulle is die room, geskep uit 800 aansoeke. Vyf van dié het hulle eerste sangtreë op Suid-Afrikaanse verhoë gegee...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.