Die moeder van alle camino’s en mans in sarongs by die Wimpy

MIXMASALA

Die moeder van alle camino’s en mans in sarongs by die Wimpy

Ontsnap vir ’n oomblik aan die bla-bla-bla van die politici en van die donker nuus van oorloë en armoede.

  • 10 November 2023
  • Vrye Denker
  • 1 min om te lees
  • artikel 6 van 28

Het jy geweet?

  1. Die eerste Suid-Afrikaner wat oorsee gereis het, was ’n Khoekhoen-leier van die Kaapse Skiereiland, Coree, wat in Mei 1613 deur sir Thomas Smythe op die Hector ontvoer en na Londen geneem is. Hy is selfs aan koning James I voorgestel voor hy in Junie 1614 teruggebring is.
  2. Die Eiffeltoring word tot 15cm hoër in die somer soos die staal uitsit.
  3. Venus is die enigste planeet wat kloksgewys draai. Dit beweeg elke 225 dae om die son, maar roteer elke 243 dae kloksgewyse.
  4. Die Japannese uitdrukking “kuchi zamashi” beteken om te eet wanneer jy nie honger is nie, maar jou mond eensaam voel.
  5. Die verste wat jy kan stap – geen vliegtuie of bote nie – is tussen Magadan in Rusland en Kaapstad: 22 531 km. Die Moeder van alle camino’s.

Wat is Zef?

1. Mans wat hulle hare kleur, maar hulle baarde grys los

2. Mans met ponytails en snorre

3. Mans met haarstukke

4. Comb-overs

5. ’n Donkerbril by 'n begrafnis

6. Mans wat in ’n sarong by die Wimpy gaan eet

7. Vroue met enkelkettings en toonringe

8. Mense met één lang nael

9. Wit mense met dreadlocks

10. Mullets. Of is dit weer in? En is RG Snyman se haarstyl zef of eintlik anti-zef?

(Plak jou Zef-lys hier onder.)

Wat sê die mense?

  1. A government that robs Peter to pay Paul can always depend on the support of Paul. – George Bernard Shaw
  2. Resentment is like drinking poison and then hoping it will kill your enemies. – Nelson Mandela
  3. You can always count on Americans to do the right thing – after they've tried everything else. – Winston Churchill
  4. As far as I’m concerned, it’s a damned shame that a field as potentially dynamic and vital as journalism should be overrun with dullards, bums, and hacks, hag-ridden with myopia, apathy, and complacence, and generally stuck in a bog of stagnant mediocrity. – Hunter S Thompson
  5. It is absurd to divide people into good and bad. People are either charming or tedious. – Oscar Wilde

♦ VWB ♦


NEEM DEEL AAN DIE GESPREK: Gaan na heel onder op hierdie bladsy om op hierdie artikel kommentaar te lewer. Ons hoor graag van jou.

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.