Wat sou Toni Morrison oor die Kaap van Storms skryf?

VROU VAN HAAR WOORD

Wat sou Toni Morrison oor die Kaap van Storms skryf?

Met die oog op Vrouemaand wonder RACHELLE GREEFF wat dié ontslape Nobelpryswenner oor die Moeder- en misdaadhoofstad, haar vroue en hul swaarkry sou neerpen. Hier is die mooi én hartseerstories wat sy graag met haar sou wou deel.

DIE dooies hou ons dop. Kyk vir ons deur die glasbodems van hul hemelse bote “as they row themselves slowly through eternity”, het die Amerikaanse hofdigter Billy Collins gesê.

Daarom verbeel ek my Collins se landgenoot Toni Morrison, die Amerikaanse Nobelpryswenner wat pas oorlede is, roei op Vrouedag statig en stadig bo my bewolkte woonplek, Kaapstad, ook die Moeder- en misdaadhoofstad.

Met verwysing na een van haar mees geliefde en gevierde romans, Beloved (1987), het Morrison gesê wit mense kon met Afro-Amerikaanse slawe doen net wat hul (wit) grysstof kon uitdink. Doodwerk. Vermink. “Dirty you so bad you forgot who you were and couldn’t think it up.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.