Holden Caulfield met ’n hart

PROFIEL: ONKE MAZIBUKO

Holden Caulfield met ’n hart

NADINE PETRICK gesels met ’n plaaslike skrywer wat per ongeluk ’n pryswenner geskryf het.

ONKE MAZIBUKO het pas ’n prys gewen. ’n Suid-Afrikaanse Letterkundeprys, of Sala, so ewe. The Second Verse is nooit geskryf of bemark as ’n jeugroman nie, maar dis uiteindelik in hierdie afdeling waarin hy dié gerekende Sala gewen het. Vir ’n baie brose coming of age-boek; ’n debuut, wat nóóit eintlik moes gewees het nie.

Mazibuko skakel presies op die sekonde in by die aanlyn gesprek. Dodelik netjies, g’n baardhaar uit sy plek nie. Hemp en glimlag ewe wit. Hy verloor selfoonsein, loop rond om beter opvangs te kry, verskonend dat hy my tyd so mors. Als gebeur in absolute impeccable Engels – dáái deel van sy grootword wat van hom die ewige outsider sou maak. Wat regdeur sy lewe sy gal behoorlik vir hom werk óf baie van die regte deure vir hom oopmaak – dit hang seker maar net af van wie jy vra. Stuck in the middle. Die kant van hom wat selfs sy kanse tydens inisiasie by die voorvaders sou belemmer, of só het hy waaragtig geglo, totdat sy pa hom die regte waarheid vertel het. “Dit maak nie saak watter taal jy praat nie. Hulle kyk nét na jou hart.”

Lees jy The Second Verse, sien jy daai hart. Luister jy na sy lewensverhaal, sy stories, sy liefde vir sy werk en mense … pure hart. As jy hoor hoe hy van sy oorlede suster praat, ag man. All the feels. Maar in dieselfde asem, doelgerig en professioneel. Hy is immers die direkteur van transformasie, diversiteit en insluiting by die prestigious Kingsmead College in Johannesburg. Twee meestersgrade agter sy naam, in sielkunde en openbare gesondheid, tans besig met ’n PhD in kreatiewe skryfkuns. Hy het lank in sielkunde gepraktiseer, maar, sug hy, hy kan nie nee sê vir mense nie. Hy het te veel pasiënte gratis gesien, so dit was uiteindelik finansieel glad nie sinvol nie. En ook, hy wou eerder deel wees van die gemeenskap, om daar ’n verskil te maak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.