Meer aan Erla-Mari as erotika en sadness

MIERE IN HAAR BREIN

Meer aan Erla-Mari as erotika en sadness

Seks verkoop nie boeke nie, nie in Afrikaans nie, vertel Erla-Mari Diedericks aan NADINE PETRICK.

ERLA-MARI DIEDERICKS is olik. Sy het koors, sy hoes. Sy slaap ook nie eintlik nie, want sy werk nagskof én doen ekstra werk deur die dag. Maak nie saak nie. Sy is ’n tough cookie, erken sy ná ’n hoesbui. Haar lewe was al báie erger as wat dit nou is. Sy is ’n aangenome kind; sy is tien jaar lank mishandel in haar huwelik; drank en seksklubs was ’n lifeline; sy maak haar seun op haar eie groot en, nou ja, die liefde ... Dit loop gewoonlik iewers skeef, want sy is heelwat beter af op haar eie, reken sy.

Hierdie is als ou nuus. So ook die seksboeke wat haar bekend gemaak het. Daar is baie meer aan haar as erotika en sadness. Sy wou in haar prille jeug ’n dominee word, kan jy glo? Sy het op vierjarige ouderdom oral rondgeloop met ’n gesangeboekie, al singende aan die kerkliedjies. Sy het dit nie gememoriseer nie, sy kon wraggies toe al lees. ’n Genius, het haar pa besluit en haar summier skool toe gestuur. Sy was tog te dankbaar, want sy wou uit die huis. Benewens die gesangeboek was die maanlandingboekie haar gunsteling, en nou ja, ons weet wie het uiteindelik die space race gewen. Nie die kerk nie. Al haar skoolrapporte, van dag een af, voorspel die paadjie wat sy nou stap: Erla wil skryf.

Dis ’n lonely job, die skrywery. Maar haar ma was ’n alleenmens, en só is sy grootgemaak. Sy is geleer om net haarself te vertrou en om haarself te vermaak. “Ek leef heeltyd in my kop; ek is altyd my eie beste geselskap!” ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.