Misleiding in Parys

KUNS AS TEENVOETER VIR VERNIETIGING

Misleiding in Parys

IHETTE SENEKAL skryf oor ’n lekkerleesboek oor die Franse hoofstad en die Nazi’s en die waarde van kuns.

BRYN TURNBULL is ’n Kanadese skrywer wat in die tyd van Covid naam gemaak het met haar internasionale topverkopers The Woman Before Wallis (2020) en The Last Grand Duchess (2022). In 2023 verskyn haar derde historiese roman, The Paris Deception. Dié roman speel af in Parys tydens die Tweede Wêreldoorlog, ’n milieu wat menige romansier en leser se verbeelding al aangegryp het. Dit vertel die verhaal van twee skoonsusters, op sigself ’n interessante verhouding om as sentrale gegewe in ’n roman te verken, wat daarop uit is om kosbare kunswerke uit die kloue van die nare Nazi’s te red.

Sophie is die bleeksiel, ’n kunsrestoureerder werksaam in die Jeu de Paume, en Fabienne is die kunstenaar wat haar moet wend tot die gunsies van Duitse soldate en later ook die juwelierswarebedryf om in ’n tyd van oorlog te kan oorleef. Fabienne se denke verklap: “These days, beauty was a currency more valuable than the franc, and Paris was filled with Germans more than willing to pay for the pleasure of a beautiful woman’s company.”

Die perspektief in die roman wissel tussen dié twee hoofkarakters en word aangevul met terugflitse waaruit die gedeelde verlies wat hulle saambind, stelselmatig ontvou. Sophie en Fabienne se liefde vir kuns, en veral moderne kuns – dit wat Hitler tot “Degenerate Art” (Entartete Kunst) afgemaak het – veroorsaak dat die twee vroue telkens hulle lewe waag ter wille van ’n groter ideaal. Dink The Monuments Men (die 2014-film), sonder die humor, The Thomas Crown Affair, sonder die seksuele spanning, en Ocean’s Eleven, sonder George Clooney en Brad Pitt...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.