Ryger oor drank, seks en David Bowie

NIHILISME

Ryger oor drank, seks en David Bowie

Hierdie roman het GERDA TALJAARD laat lag, al is dit inkorrek en glad nie woke nie.

IN die 1960’s voer die Amerikaanse psigoloog H.F. Harlow ’n reeks kontroversiële eksperimente op pasgebore ape uit. Om die noodsaaklikheid van moederliefde, of eerder die gevolge van ’n gebrek daaraan te demonstreer, vervang hy die apies se ma’s met lap- en draadpoppe. Hy vind dat die apies veel eerder aan die sagte lappoppe vasklou, wat geen voedsel voorsien nie, as aan die draadpoppe, wat wel kos voorsien.

Liefdevolle aandag is dus belangriker as fisieke behoeftes. Wanneer hierdie surrogaatma’s verwyder word, raak die apies óf katatonies óf histeries. In verdere eksperimentering is die apies in totale isolasie geplaas, wat aanleiding gegee het tot aggressie, selfskending, obsessiewe masturbasie, depressie en selfs die dood.

Hoe reageer mense wat aan soortgelyke omstandighede blootgestel word? Is ons God se proefkonyne? Wat gebeur met mense wanneer hulle onderwerp word aan onmenslikheid, geweld, liefdeloosheid, verwerping en eensaamheid? Dit is die kwessies wat gedurig binne R.R. Ryger se jongste roman, Drank, seks en David Bowie, aan die bod kom. Hierdie roman gaan dus ook, soos sy vorige romans – Die hol gevoel (1989), Beertjie en sy Boytjies (1991), Die spoed van die lewe (1994) en ’n 101 bakgat maniere om te lewe en te sterwe (2013) – grotendeels oor die ontnugterde mens se eksistensieel-nihilistiese bestaan in ’n ongenadige wêreld; asook sy gedurige soeke na ’n moederfiguur in die vele vroue wat sy pad kruis...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.