Alfaman en slaapkamerbul met nuanses en wonde

YDEL NARSIS MOOR VOOR DIE SPIEËL

Alfaman en slaapkamerbul met nuanses en wonde

LINZA DE JAGER het 'n nuwe gunstelingspeurder: Sy wag nou op kaptein Strauss.

KOM ek sê dit sommer met die wegspring: Maalkolk is ’n koekstruif met meer skop as my gunstelingvoggies. En die boek het my smaak verander. Tot ’n week gelede was my gunstelingspeurder iemand wat byna platgeslaan is deur die lewe, maar wat tydens die misdaadondersoek opstyg uit sy as soos ’n feniks.

Dit het nou verander met Marie Lotz se jongste krimi. Kaptein Alek Strauss is ’n alfaman en alles behalwe platgeslaan, alhoewel daar pogings is om hom so te maak. Hy word op dieselfde dag gekonfronteer met die geboorte van sy babadogter en die moord op sy aangenome pa. Hierop volg nóg moorde in vinnige volgorde, maar ná die moord op Gustav Strauss word hy die hardste getref deur dié van brig. Jack Mabuza, die hoof van die Fiskale Spesiale Ondersoekeenheid (FSO).

Die moordenaar speel ’n kat-en-muis-speletjie met die ondersoekspan. Hy posisioneer sy slagoffers, hy los lokbokkem-leidrade op die moordtonele en mors met Strauss se kop, want hoe kan hy die teenwoordigheid van oorlede kol. André Malherbe se voetspoor verduidelik? Hoe kom sy vermoorde pa se knipmes op nog ’n moordtoneel? By tye lyk dit na replikas van die Woestynroos-moorde wat die FSO in die verlede moes ondersoek. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.