Die serpslang

MA’ DJULLE’S DIE POETS

Die serpslang

LINZA DE JAGER skryf ’n storie oor die begaafde, beeldskone Bubbles, wie se frenemy vir haar ’n serp gebrei het.

ONDER haar vriende staan sy as Bubbles bekend. Haar regte naam maak nie saak nie. Dis beige. En beige is boring en Bubbles is nie boring nie.

Sy is iemand wat van kleur en kelims en kuns hou. Mans met elegante baardjies wat lyk asof hulle uit ’n Van Dyck-skildery kom, fantaseer oor haar. Vroue met grade en geld ook. En hulle het ’n punt. Alles in hierdie rooikop se lewe werk. Haar boetiek in Claremont is ’n sukses; haar menseverhoudings is ’n sukses. En wanneer sy sê dat dit haar pas om single te wees, bedoel sy dit. Mens kan dit hoor in haar klokhelder lag.

Die godin Venus was in ’n goeie bui toe sy vir Bubbles gemaak het. G’n wonder nie dat daar ’n drol in die drinkwater vorm, want soveel sukses is net te swaar om te sluk. In dié geval is die drol iemand wat hardlywig is van die nydigheid...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.