Moord, voëls en raaisels

RAAISELROMANS

Moord, voëls en raaisels

Twee nuwe romans het DEBORAH STEINMAIR aan die lees gehou om agter die kap van byltjies te kom en kloutjies by ore te bring.

VANDEESWEEK se twee boeke het my om totaal uiteenlopende redes gevange gehou. Al twee is in ’n sekere mate whodunnits, met skerpgetekende karakters, maar daar eindig die ooreenkomste.

Ek begin met die krimi: Jeffery Deaver se karakter Lincoln Rhyme het my hart gesteel – ’n briljante forensiese deskundige was eens ’n speurder in New York se polisiediens was, maar aan diens beseer en ’n kwadrupleeg gelaat is. Hy het ’n fênsie rolstoel en die heel blinkste tegnologie, kan net een vinger beweeg en is gelukkig getroud met die sexy Amelia Sachs. Hy is lief vir whisky en raaisels. Hy word bygestaan deur Thom Reston, sy gay assistant/versorger met die sarkastiese galgehumorsin.

Nog ’n onvergeetlike karakter wat Deaver geskep het, is Colter Shaw, wat al in drie romans kop uitgesteek het en nou weer in Hunting Time. Hy is ’n swerwer in ’n Winnebago. Hy spoor vermiste mense op teen ’n beloning. Sy pa was ’n survivalist en hy is ’n soort MacGyver en strateeg. Sy kop is vol voorskrifte van sy pa, soos: Moet nooit in ’n geveg betrokke raak as jy dit kan vermy nie. Daar verskil hy van Jack Reacher, wat konstant pimpel en pers gebliksem word. Colter is immer koelkop en bereken waarskynlikhede in persentasies...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.