Vier boeke laat hoor en sien vergaan

EK SOU EERDER WOU LEES

Vier boeke laat hoor en sien vergaan

DEBORAH STEINMAIR vertel meer oor uiteenlopende boeke wat haar betower het.

EK het die afgelope twee weke so rondgehardloop vir VWB se Clarens-boekefees dat ek net vier boeke gelees het. Elk was in eie reg besonders en onvergeetlik.

Hoe doen ’n mens dit, wonder ek telkens, stom van bewondering, wanneer ek ’n boek lees wat my heeltemal meevoer, wat hoor en sien laat vergaan. Wat my transponeer na ’n wêreld waarin ek lank ná die laaste bladsy wil vertoef. Dis waarom geen TV-reeks my aandag behou nie – wat kan kers vashou by beelde wat die geskrewe woord op die verhoog van jou verbeelding optower? Ek was weer in die liefdevolle greep van so ’n merkwaardige, betowerende boek en voel ontredderd – wat lees ek volgende?

Ek praat van Pip Williams se tweede boek, The Bookbinder of Jericho. Haar eerste, The Dictionary of Lost Words, het ons almal laat skarrel na woorde. Bookbinder speel in dieselfde era en streek af. Die fokus is weer op woorde, op kennis en die dors na geleerdheid. Sommige karakters steek weer kop uit, soos Tilda die suffragette en Esme, die hoofkarakter van Dictionary. Ons is in Londen in die aanloop tot die Eerste Wêreldoorlog en deur die duur van die oorlog...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.