Laura Cumming, woordskilder

DIE TRAGIEK VAN VERBYGEGANE LEWENS

Laura Cumming, woordskilder

LOUIS GAIGHER bekyk die prisma waardeur Cumming die lewe beskou.

OP ’n soel herfsdag in 1929 verdwyn ’n driejarige meisietjie vanaf ’n rotslose, plat strandjie naby haar huis in Lincolnshire aan die ooskus van Brittanje. Iemand wat waarskynlik aan haar bekend was, het klein Betty uit die sorg van haar ma, Veda, geneem terwyl hulle piekniek gehou het. Vyf dae later word sy in ’n dorpie 12 myl daarvandaan gevind, ongedeerd en uitgevat in ’n nuwe rooi mondering. Die landskap waarin die gebeure afspeel, herinner in sy platheid, weidse hemelkoepel, kleigrond, naakte wilgerbome en ligval aan Nederland, reg aan die oorkant van die Noordsee.

On Chapel Sands: My mother and other missing persons (2019) is Laura Cumming se liefdevolle eerbetoon aan haar ma, Elizabeth (soos Betty later geheet het), en ’n speurtog deur beeltenisse. Dié ontroerende meesterstuk begin en eindig met evokatiewe beskrywings van die verdwyning (of diefstal, volgens die polisieverslag): ’n insident waarvan daar geen lewende getuie oor is nie, benewens Elizabeth, wat niks daarvan kon onthou nie en nou weens demensie geen belang meer het by gebeure wat haar vroeë lewe versuur het nie.

Die blywende raaisel is dalk nie soseer hoekom Betty (wat vroeër Grace genoem is) ontvoer is nie, maar eerder: Waarom is sy van ouerlike liefde ontneem en ingekerker met die stille medewete van die werkersklasgemeenskap? Het ’n Eduardiaanse sosiale kode van takt en diskresie dorpenaars tot swye gedwing? Was daar ander onderstrominge? Ná meer as 60 jaar het dorpenaars steeds verseg om lig te werp op gebeure wat bepalend was vir Elizabeth en later haar twee kinders, Laura en Timothy...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.