Gerda Taljaard is die skrywer van verskeie romans, waaronder Die laksman se dogter en Vier susters, asook ’n kortverhaalbundel, Maansiek. Haar gedigte en kortverhale verskyn in verskeie publikasies. Sy is met die Litera- en De Compagnie-prys vir beste kortverhaal bekroon, met die kykNET-Rapport-pryse vir mees verfilmbare boek en vir fiksie, en met die ATKV-prosaprys. Sy woon in Pretoria en werk as akademikus.
MONUMENTALE ROMAN
Appelmanie spook in Amerikaanse gotiek
GERDA TALJAARD was bekoor en gefassineer deur ’n roman wat oor eeue strek, vol spoke en kwaksalwers.
Deel
“POMOMANIE” is ’n obsessiewe beheptheid met appels. Ja, appels. Soos Eva van ouds. Of Sneeuwitjie. Of die “Apple Man” in Daniel Mason se jongste roman, North Woods. Die Appelman, oftewel Charles Osgood, is so gepla met appels dat sy familie ’n kopdokter raadpleeg om hom van sy appelmanie te genees. Alles tevergeefs.
Dit begin met ’n moord op ’n appel-etende Engelsman. Die appelsaad ontkiem in sy ingewande en ’n boom spruit uit sy gebeente. Dekades later ontdek Charles die appelboom, sny steggies van die moederplant, en lê ’n hele boord daarvan aan. Omdat dit die soetste appels in menseheugenis is, noem hy hierdie spesiale variëteit “Osgood’s Wonder”.
Appels is egter nie die enigste besonderheid waarom die gebeure in North Woods sentreer nie. Dit is eerder die geel huis wat Charles neffens die appelboord bou wat sentraal in North Woods staan. Dié huis is teenwoordig in al die verskillende lewensverhale wat hier afspeel, oor geslagte en eeue heen. Drie eeue, om presies te wees. Sodoende word die geel huis ’n aktiewe meespeler in die gebeure, ’n sentrale karakter wat die lief en leed van (en soms die moord op) sy magdom inwoners aanskou...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Ouma is heimlik ’n kranige loodgieter
‘Kwaaiwater’ kook met karakters
Hoer, heks, histeries of poppie?
Ryger oor drank, seks en David Bowie
Die wit niks in
Deel
-
Deel
Gerda Taljaard
SkrywerGerda Taljaard is die skrywer van verskeie romans, waaronder Die laksman se dogter en Vier susters, asook ’n kortverhaalbundel, Maansiek. Haar gedigte en kortverhale verskyn in verskeie publikasies. Sy is met die Litera- en De Compagnie-prys vir beste kortverhaal bekroon, met die kykNET-Rapport-pryse vir mees verfilmbare boek en vir fiksie, en met die ATKV-prosaprys. Sy woon in Pretoria en werk as akademikus.