‘Kwaaiwater’ kook met karakters

STORM VAN DER MERWE

‘Kwaaiwater’ kook met karakters

GERDA TALJAARD het die jongste boek in Irna van Zyl se misdaadfiksiereeks verslind.

WATTER skrywer het nog nie wraakgedagtes teenoor die literêre establishment gekoester nie? Teenoor daardie bitsige resensent, of daardie verwaande uitgewer, of daardie aanstellerige letterkundige, of daardie selftevrede skrywer wat jou altyd neuslangs betrag, asof jy ’n stomende hondedrol op ’n sypaadjie is. Of nog erger – wat jou ignoreer asof jy ’n karwag is. En stel jou dit voor: die hele spul gerieflik onder een dak bymekaar by ’n boekefees, sodat jy hulle sommer met een sarsie koeëls kan afmaai.

In Irna van Zyl se jongste roman, Kwaaiwater, word daar ’n fees op Kleinmond gehou, die Overbergse Skrywersfees. Drie mense wat by dié fees betrokke is, word wreedaardig vermoor. Drie moorde binne drie dae. Een van hulle, ’n bekende skrywer genaamd Isa du Bois. Is dit ’n afgunstige medeskrywer wat hierdie wraakmoorde pleeg? Of is dit iemand in Isa se binnekring? Of dalk ’n totale vreemdeling met ’n heel ander motief?

Die leser moet sy lyf speurder hou om dié raaisel saam met die hoofkarakter, adjudant Storm van der Merwe, te ontrafel. Sy het ook die misdade ondersoek in Van Zyl se vorige romans: Op ’n mooi dag, Bloedsteen, Gifbeker en Moordvis...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.