Hoer, heks, histeries of poppie?

ETIKETTERING VAN VROUE

Hoer, heks, histeries of poppie?

GERDA TALJAARD het Erla-Mari Diedericks se jongste huishoudelike noir soos ’n skuldige plesier verslind.

ERLA-MARI Diedericks se boeke is soos ’n boks tjoklits wat jy skelm in jou bed eet. ’n Guilty pleasure wat jy in een sitting wil verorber. Skandelik. Donker. Sexy. Riskant. Haar twee sielkundige rillers, Dominique en Die bewonderaar, handel al twee oor fetisjisme, voyeurisme, bekruiping en oor fisieke én emosionele mishandeling. Laasgenoemde tema word voortgesit in haar jongste roman, Salemstraat, maar dié keer in die vorm van huishoudelike noir.

Huishoudelike noir speel meestal in ’n voorstad af, binne ’n “doodgewone” huis. Maar pleks dat die huis ’n geborge, veilige plek is waar ’n mens gekoester voel, word dit ’n slagveld waar verskeie vorme van geweld gepleeg word. Mishandeling, selfdood, molestering, drankmisbruik. Soms selfs moord. Sodoende word woonbuurtes oorlogsones, wat dan ook die geval is met dié buurt wat in Diedericks se boek as milieu dien.

Gevolglik word Salemstraat byna die Gotiese weergawe van 7de Laan. “Satan het nog altyd in die suburbs geskuil,” merk een van die karakters tereg op...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.