Ouma is heimlik ’n kranige loodgieter

BOERGONDIË

Ouma is heimlik ’n kranige loodgieter

GERDA TALJAARD is aangegryp deur ’n roman oor bejaardes se verhale wat fyn soos kant geweef is: eksentrieke karakters; ’n meesleurende plot; delikate vertellings soos versierde papierwaaiers; en poëtiese taal.

WANNEER word ’n mens oud? Nie wanneer jou liggaamsbou oornag verander van windhond na labrador nie. Ook nie as jy vergeetagtig raak en aanhoudend soek na woorde en sleutels nie. Of wanneer jou groen Volkswagen in ’n wit olifant verander omdat jy ’n gevaar op die pad raak nie.

Oudword kom met eensaamheid. Wanneer niemand jou meer op ’n Sondag besoek nie. So sê die hoofkarakter, Justine, in die Franse skrywer Valérie Perrin se jongste roman, Forgotten on Sunday.

Justine Neige werk as ’n versorger by The Hydrangeas, ’n tehuis vir verswakte bejaardes in Milly, ’n klein dorpie in Boergondië. Sy kom agter dat hierdie versorgingsoord se inwoners, wat dikwels nie eens wis waar hulle hulself bevind, en of dit oggend of aand is nie, wéét wanneer dit Sondag is. Hulle voel dit aan. Soos sonneblomme wat hulle koppe na die son toe draai, hou hulle The Hydrangeas se ingang dop. Dan wag hulle. Vir iemand om aan hulle deur te klop, om in te loer. Meestal tevergeefs. Daarom is Sondae “steeped in sadness”...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.