Dooie mense se stories help om evil uit die samelewing te vat

BLOED VERTEL 'N STORIE

Dooie mense se stories help om evil uit die samelewing te vat

Quincy, Murder She Wrote en Kay Scarpetta was die inspirasie agter haar beroepskeuse, vertel die forensiese patoloog en skrywer Hestelle van Staden aan NADINE PETRICK.

MIN mense dagdroom waarskynlik in hulle prille jeug van 'n beroep wat hulle eendag grotendeels met dooie mense gaan laat werk. Die forensiese patoloog en skrywer dr. Hestelle van Staden is wél een van die yl gesaaides.

Die droom is nie heeltemal so vreemd as wat dit klink nie. En heelwat meer edel. Forensiese patologie is nie net 'n veld wat jou in staat stel om op ’n onselfsugtige manier te help en te dien nie, maar dit is ook 'n baie belangrike deel van afsluiting en troos. Duisende mense kan 'n hartseer hoofstuk van hulle lewe toemaak wanneer Van Staden haar werk klaar gedoen het. Sy het al meer as 7 000 nadoodse ondersoeke gedoen.

Daar is op enige gegewe tyd skaars meer as 60 forensiese patoloë in Suid-Afrika aan diens, 'n skokkende klein getal as jy in ag neem hoeveel mediese praktisyns jaarliks afstudeer ('n onlangse artikel reken rondom 2 500 per jaar)...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.