Sussa red die heilige frikkadelresep

RUBRIEK

Sussa red die heilige frikkadelresep

JAN WOLMARANS skryf oor oom Dingeses van der Banting en skellems se slinkse plan om sy heilige frikkadelresep te steel.

DIS 'n kruis. Ek hou meer van brood as vleis. Ook van pasta, pap, aartappels en rys. Maar oom Dingeses van der Banting sê ek moet meer kook met net vleis. Ek dink die Oom het aandele in skaapdiefstal.

Frikkadelle is soms my weeksdagkos en dit moet ook brood in hê; ja, dit rek die rand en maak meer bolle. Delle. En gister laat ek daarvoor brood aflewer en o, dis toe stomend vars en ruik soos skone vertroosting en die botter smelt weg in die broskrakerige kors en dis rasperkaas en konfyt en als wat Oom Dingeses die handboek sal laat neersmyt.

Toe ek later die maalvleis en kruie en eier als nadertrek om die frikkas te del, is die brood weg. Skoonveld. Net my wildebrak Sussa sou kon vertel. En ja, ek kry die papiersak buite, doer agter malvas onder roosranke en doringwarrehel. Sy werk sekerlik vir oom Hoesenaams. Moet wees. Foque. Skellems, al twee...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.