Cohab soos ‘The Golden Girls’

TRENDS

Cohab soos ‘The Golden Girls’

Al hoe meer mense verkies om eerder saam met ander te woon wat soos hulle dink as om in aftree-oorde te gaan oudword, skryf BIANCA DU PLESSIS.

MY boekklub se WhatsApp-groep is 'n wonderlike bron van inligting, grappe, skete om na uit te sien en soms selfs boekpraatjies. Toe ek 'n artikel van The Guardian op die groep deel oor New Ground (https://www.theguardian.com/lifeandstyle/2023/aug/24/we-have-brothers-sons-lovers-but-they-cant-live-here-the-happy-home-shared-by-26-women), die Verenigde Koninkryk se eerste cohousing community uitsluitlik vir ouer vroue, noem twee boekklubbers dat hulle elk iemand ken wat so woon.

Ek gebruik “cohousing community”, want “saamwoon” en “gemeenskap” langs mekaar torring beelde van verlepte swingers met grys insteekskoene en nat nikotiensnorre los. “Kohabitasie” suggereer ’n chloroformlappie in die gatsak. En hierdie tipe saamwoon gaan juis nie oor seks nie. Inteendeel, dit bied ’n vindingryke alternatief vir die twee opsies waarteen baie mense hulleself blindstaar: gekys vs. op jou eish.

UK Cohousing Network (https://cohousing.org.uk) se webwerf beskryf saamwoonskemas as doelbewuste gemeenskappe wat deur die inwoners bestuur word. Elke huishouding het ’n selfstandige huis, met 'n gedeelde gemeenskaplike ruimte en geriewe. Dit sorg vir ’n balans tussen privaatheid en ’n aktiewe sosiale buurtlewe...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.