Aftrede: romanse, frustrasie en die klein jakkalsies van skottelgoed

VEEL MEER AS FINANSIËLE BEPLANNING

Aftrede: romanse, frustrasie en die klein jakkalsies van skottelgoed

Dit word as die ‘goue jare' voorgestel; 'n tyd van geluk ná jare se geswoeg. Die werklikheid is dat aftrede geen rooskleurige gedoente is nie, skryf JEANNE PRINSLOO, wat pas afgetree het nadat haar opleidingskontrak ná 16 jaar oornag gekanselleer is. Maar as jy aanhou lag en wil waag, kan jy dalk net jouself leer ken en ’n avontuur of twee hê.

“MAAR wat sal ek heeldag doen?” reageer my vriend op my vraag of hy al weet wanneer hy wil aftree. “Waarmee hou jý jou elke dag besig?” wil hy dan effens driftig weet nog voordat hy my vraag geantwoord het. 

Aftrede herinner my aan die storie van Alice in Wonderland waarmee baie van ons baby boomers, wat juis nou op aftrede staan, grootgeword het. Die verhaal, soos vertel deur Lewis Carroll, begin met Alice wat op die oewer van ’n rivier sit wanneer ’n wit haas skielik verby hardloop. Alice volg die hasie instinktief na die gat waar hy bly en val dan na benede. Tyd en swaartekrag word tydelik opgehef sodat sy die rakke en voorwerpe teen die wand van die tonnel kan verken. Aan die einde van die tonnel bevind sy haar in 'n lang vertrek, omring deur toe deure. Alice ontmoet ongelooflike karakters en fantastiese avonture wag op haar.

Alhoewel Carroll waarskynlik die storie geskryf het om kommentaar te lewer op sekere fasette van grootword, is dit vir my ’n analogie vir aftrede: As jy bereid is om te waag en nuwe paaie te verken, kan jy ’n oneindig verrykende en baie vervullende ervaring hê...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.