Mites oor kommersiële landbou besoedel regte beleidsoplossings

ROMANTIESE IDEES GAAN NIE WERK NIE

Mites oor kommersiële landbou besoedel regte beleidsoplossings

Boerdery-eenhede se getalle is deur konsolidasie verminder, nie die aantal boere nie. Die regering behoort nou op werklike beleidsoplossings te fokus om groei en werkskepping in die landbousektor te versnel, skryf WANDILE SIHLOBO.

ANDERS as verskeie ander Afrika-lande het Suid-Afrika nie in die onlangse verlede ’n voedseltekort ervaar nie. Voedselproduksie hier het oor die jare gegroei en Suid-Afrika bly ’n netto uitvoerder. Volgens Trade Map se data was die land se landbou- en voedselhandelsoorskot die afgelope twee dekades gemiddeld $2 biljoen.

Hierdie groei is ondersteun deur ’n uitgebreide gebied onder produksie, hoofsaaklik vrugte en sojabone, en beter produktiwiteit in alle kommoditeite. Die verhoogde produktiwiteit het ’n hupstoot gekry deur die nuwe landboutegnologie wat in gebruik geneem is – meganies en biologies – en beter boerderytegnieke. Hierdie tendens het ook gelei tot die konsolidering van plaaseenhede, veral sedert die deregulering van markte vir landbouprodukte in 1997/1998.

Dié konsolidering het boere die geleentheid gegee om skaalbesparings te benut wanneer hulle met globale spelers in die landbou- en voedselmark meeding. Die misleidende stelling dat die getal Suid-Afrikaanse “boere” afneem, word gereeld gemaak. Dit is nie die getal boere nie, maar die getal boerdery-eenhede wat vanweë konsolidering afgeneem het. Selfs met inagneming hiervan is daar steeds talle familieplase wat die voedselstelsel in landelike gebiede aan die gang hou. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.