In die hel sing Boney M krismisliedjies in formele Afrikaans

RUBRIEK

In die hel sing Boney M krismisliedjies in formele Afrikaans

Die hel is vol mense wat gits, gots, griet, jissie en jikkels sê, skryf JAN WOLMARANS.

“IN die hel sien almal volle video's van als wat jy op aarde verkeerd aangevang het, álles, maar eers moet jy vir 'n paar eeue in 'n wagkamer bly sit tot jou strafbeurt eendag kom. En die wagkamer is amper so erg soos een by 'n munisipaliteit op die platteland waar jy ewig moet tousit om jou oë deur faktap ou masjiene te toets vir die hernuwing van jou rybewys terwyl die stelsels af is, geen penne bestaan om jou vonnisvorms in te vul nie en die duiwel se dikke trawante agter glas almal op lans is. 

“In die hel sing Boney M krismisliedjies in formele Afrikaans, eks-predikante lees hulle focquoffe-gedigte sonder ophou tjankdronk voor, jy moet jou vyande se onderklere sonder seep met die hand was tot vars of jy kry op al jou hel boonop sewe duisend ton spinasieblare om vir die hemelswesens se aandete te was en jy moet al jou matriekeksamenvrae alles weer antwoord voordat jy mag aanskuif in die wagtou in ou Vaaljas se deurmekaar landdroskantoor. Dis chaos, Jan, chaos.”

Dit als vertel Boerta my nou...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.