Die Klein-Karoo se losbandige lammers

KOS

Die Klein-Karoo se losbandige lammers

EMILIA SMUTS deel haar wenresepte vir lamsribbetjies.

IN die omgewing van Oudtshoorn is daar ’n paar plekke waar mens die Enon-rotsformasie kan sien wat plaaslik die “rooikoppe” genoem word: kleirooi koppe met tonnels en grotagtige wande, wat lyk of ’n reuseruspe daar doenig was.

Jy sien hulle op die pad tussen De Rust en Uniondale, naby Oudtshoorn op pad George toe – waar jy teenaan die pad die mooi versteende spoelklipformasie kan sien – en, les bes, bokant die Doornkraal-padstal, ’n paar kilometer buite De Rust op pad na Oudtshoorn.

Die padstal is al vir geslagte ’n welkome stopplek vir wanneer-is-ons-daar-ouers en amper-daar-vakansiegangers wat so pas deur die Karoo gery het op pad na die Suid-Kaapse kus...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.