My koninkryk vir ’n pot lensies

KOS

My koninkryk vir ’n pot lensies

Dit was die eet van Masoor-dahl wat LIENTJIE WESSELS laat besef het wat mens sal besiel om jou eersgeboortereg vir ’n pot lensiesop te verruil.

DIT sous spreekwoordelik in Pretoria en ek sit by 'n skool in 'n motor wat nie wil aanskakel nie. Dit gebeur gereeld, veral as dit reën, en dan – voilà – ná 'n rukkie is daar weer 'n vonk en ons is vort. Die werktuigkundige kan nie hond- of haaraf maak nie; ek neem video's en stuur aan, want hopelik is ons dan nader aan 'n oplossing en altyd vort.

Intussen sit ek nou maar in die reën en wag vir die jong man wat finalejaar-wiskunde skryf en dink aan Pythagoras, die Grieke en ook lensies (want ek dink altyd aan kos), wat al sedert 6000 v.C. in Griekeland verbou en geëet word.

Reën laat my altyd na trooskos verlang, soos hoendersop, melkkos, vetkoek en pannekoek. In my geval is dit ook lensies en hier op die skerm in my Epicurious-app is daar swart lensies gekook in sojasous met gekaramelliseerde uie en vars kruie wat my mond nou laat water en my gemoed 'n bietjie lig – want iéts moet en dit is gewoonlik kos...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.